• Teken in
  • Hoekom ʼn breukjaar?

    Leerders is nie altyd seker wat hulle na matriek wil gaan doen nie. Soms word keuses gemaak om in ʼn sekere rigting in te gaan, net om ʼn jaar later uit te vind dat dit nie eintlik is wat die persoon wil doen nie. In so ʼn geval behoort  ʼn breukjaar, of beter bekend onder die Engelse term, ʼn “gap”-jaar, oorweeg te word .
    Tydens ʼn breukjaar het ʼn persoon die geleentheid om hom- of haarself beter te leer ken en presies uit te vind watter rigting beste geskik sal wees om in die toekoms te volg. Dit verhoed dat  die verkeerde besluite geneem en onnodige universiteitsgelde gemors word.
    Deur ʼn breukjaar te neem, leer ʼn mens om op jou eie voete te staan, ingeligte beroepsbesluite te neem, onafhanklik te funksioneer en ook om verantwoordelikheid vir jou eie besluite te neem.
    Die moontlikheid om oorsee te gaan werk, is slegs een opsie wat vir ʼn breukjaar oorweeg kan word. Leerders kan egter ook by ʼn breukjaarprogram inskakel. Daar is vele instansies wat jaarprogramme aanbied en fokus op individue wat meer duidelikheid oor hul toekoms wil verkry.
    Hierdie instansies stel omvattende programme saam om te verseker dat geen tyd verkwis word nie en dat waardevolle kennis oorgedra word wat die persoon in sy toekoms mag nodig kry. Daar word gefokus op:

    Wat moet in gedagte  gehou word indien ʼn breukjaar oorweeg word?

    Dit is belangrik om die nadele van so breukjaar ook in ag te neem sodat ʼn ingeligte besluit geneem kan word.
    ʼn Jaar sonder akademie kan die volgende tot gevolg hê:

    Dit is belangrik om deeglike kennis in te win oor die aard van die breukjaar wat gevolg gaan word. Die persoon moet seker maak dat hy of sy weet wat hulle in so ʼn jaar wil doen en bereik, anders kan dit op ʼn duur en onproduktiewe jaar uitloop.

    Waar kan jy by ʼn breukjaarprogram inskakel?

    Bronverwysings:

    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close