Videovervaardiger Kloofsig, Centurion Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ʼn toepaslike kwalifikasie in Rolprentvervaardiging en moet jy oor geskikte ervaring in sagteware soos Adobe Premier Pro / Final Cut / Pro / Adobe After Effects / Adobe Encore / DVD Studio Pro en Adobe Photoshop beskik. ʼn Geldige rybewys dien as verdere vereiste. Uitstekende grafiese ontwerp-, kommunikasie-, interpersoonlike- en aanbiedingsvaardighede sal tot jou voordeel strek. ʼn Natuurlike aanvoeling vir bemarking en kommunikasie sal ook sterk in jou guns tel. ʼn CV en volledige portefeulje van video’s wat deur jou vervaardig is, moet die aansoek vergesel. Indien jy in die profiel pas, stuur asseblief die Afrikaanse weergawe van jou CV aan Minette Keyter via e-pos by minette@forumfilms.co.za voor of op 8 Maart 2017. Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.
Administratiewe beampte Solidariteit Die pos is in Kloofsig gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ’n senior sertifikaat; ’n sekretariële diploma of ’n soortgelyke NQF-kwalifikasie; en 1–2 jaar ondervinding as ’n administratiewe beampte, dataverwerker of enige ander administratiewe ondervinding. Uitstekende interpersoonlike, kommunikasie-, administratiewe, tik- en rekenaarvaardighede – veral in Excel, Word en Outlook – is noodsaaklik. Kennis van die vakbondwese sal tot jou voordeel strek. Pligte sluit onder meer in, maar is nie beperk nie tot: dataprosessering, die hantering van algemene navrae en opdaterings op stelsels, skakeling met lede; verslagdoening; notulering van vergaderings; dagboekbestuur en algemene administrasie. Indien jy in dié profiel pas, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 17 Januarie 2017 per e-pos na Jaco de Lange by jacodl@solidariteit.co.za _________________________________________________ Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.
Grafiese webontwerper Solidariteit Die pos is in Kloofsig, Centurion, gebaseer. Om te kwalifiseer benodig jy ʼn toepaslike nagraadse kwalifikasie of formele opleiding in grafiese ontwerp met veral ondervinding in die veld van elektroniese grafika. ʼn Persoon wat aansoek doen, moet ongeveer 5 jaar ondervinding hê in webontwerp. Vaardighede benodig, is: ʼn sterk aanvoeling vir visuele uitleg en die gebruik van grafika; uitstekende rekenaarvaardighede in verskeie rekenaarprogramme insluitend woordverwerking; kennis van verskeie programme vir die ontwerp van elektroniese nuusbriewe en webblaaie; kennis van programme soos Dreamweaver, Photoshop en ander ontwerp- en redigeringsprogramme; kennis van en ervaring in die WordPress-platform; kennis van sosialemedia-platforms soos Facebook en Twitter; goeie organiseringsvaardighede. ʼn Sterk aanvoeling vir Solidariteit se bedrywighede; die vermoë om beide selfstandig en as deel van ʼn span te werk; inisiatief te neem waar nodig; kreatiewe probleemoplossingsvermoë; en die vermoë om take volgens prioriteit af te handel sal tot jou voordeel strek. Die ontwerper moet ʼn goeie oog hê vir oop en skoon ontwerpe en moet beskik oor die vermoë om ʼn idee in ʼn ontwerp te verpak. Die persoon gaan onder andere verantwoordelik wees om webbladsye te ontwerp, konsepbeplanning te doen, nuusbriewe te bou en uit te stuur asook elektroniese bemarkingsmateriaal te ontwerp vir platforms soos Facebook, Google Adwords, Twitter ens. Indien jy by die profiel inpas, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 22 Februarie 2017 aan Lindie de Beer by e-pos lindievz@solidariteit.co.za. Indien jy nie binne drie weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.
Dienssentrum: Uitbelagent Solidariteit Kloofsig, Centurion Die pos is in Kloofsig geleë. Om te kwalifiseer benodig jy goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede, uitstekende interpersoonlike vaardighede tesame met die vermoë om aktief te luister en in ’n span saam te werk. Jou toewyding tot die bereiking van doelwitte, jou vermoë om te analiseer en beplan, entoesiasme, motivering en die bereidwilligheid om te leer, sal van jou ’n aanwins in ons omgewing maak. Daarby maak sterk administrasie-, rekenaar- en tikvaardighede jou die ideale kandidaat. ʼn Senior sertifikaat of ekwivalente NQF-kwalifikasie; rekenaargeletterdheid in die MS-pakket en toepaslike ondervinding in ’n inbelsentrum, administrasie en kliëntediens sal in jou guns tel. Ondervinding van die volgende aspekte sal as ʼn aanwins dien: bel en opvolg van nie-betalers; bevestiging van internet-aansoeke; hantering van kansellasies van lidmaatskap; verwelkoming van nuwe lede; beantwoording van inkomende oproepe soos nodig en algemene ondersteuning van die inbelsentrum. Ervaring in naskoolse administrasieprosesse sal ook in jou guns tel. Indien jy in die profiel pas, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 15 Februarie 2017 aan Bianca Smit by e-posadres: bianca@solidariteit.co.za Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.
AfriForum: Distrikskoördineerder Mpumalanga-Oos AfriForum is op soek na ’n koördineerder in Mpumalanga wat kan help om AfriForum-lede se regte in die oostelike gedeelte van Mpumalanga te beskerm. AfriForum se gemeenskapsake-afdeling fokus op plaaslike owerhede wat nie hul grondwetlike verpligtinge nakom nie. Die pos behels onder meer om die plaaslike owerhede tot verantwoording te roep, regstappe teen plaaslike owerhede te loods, korrupsie te ondersoek om sodoende korrupte munisipale amptenare te vervolg, swak dienslewering die hoof te bied, lede te werf en te organiseer, AfriForum se gemeenskapsplan te implementeer, navrae en probleme te hanteer, administratiewe bestuur te behartig, leiding aan gemeenskappe te gee, met die media en plaaslike en provinsiale owerhede te skakel, geskikte provinsiale veldtogte te voer en aktiwiteite te organiseer wanneer nodig. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ’n toepaslike kwalifikasie, ’n geldige rybewys en ’n betroubare voertuig. ’n Opregte belangstelling en ondervinding in projekkoördinering, gemeenskapsveiligheid of omgewingsake sal in jou guns tel. Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek is uitstekende kommunikasievaardighede, ’n passie vir dienslewering, goeie administrasie- en organiseringsvermoë, kreatiewe probleemoplossing, sowel as prioritiserings-, tik- en rekenaarvaardighede. Indien jy in die profiel pas, stuur asseblief ’n Afrikaanse weergawe van jou CV aan Minette Keyter via e-pos by minette@afriforum.co.za voor of op 17 Februarie 2017. Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.
Afdelingshoof: Bemarking Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion. Om te kwalifiseer, benodig jy ʼn graad in bemarking of ondernemingsbestuur en ten minste drie jaar se bestuurservaring in die bemarkingsbedryf. Kennis van burgerregte sal in jou guns tel. Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel strek, is: goeie administratiewe-, bestuurs-, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede; ondervinding as ’n bestuurder; hoë emosionele intelligensie; roepingsgedrewenheid; probleemoplossing; en rekenaarvaardigheid. Die verantwoordelikhede van die pos behels die bestuur en koördinering van AfriForum se bemarkingsafdeling, wat promosiemateriaal, advertensies, sosiale media, grafiese ontwerp, webontwikkeling, databestuur en algemene bemarkingsaktiwiteite insluit. Daaglikse take sluit tyd- en prioriteitsbestuur in, sowel as projekbestuur, skakeling met interne en eksterne rolspelers en gehaltebestuur. Indien jy in dié profiel pas, stuur asseblief ’n Afrikaanse weergawe van jou CV aan Minette Keyter by minette@afriforum.co.za voor of op 9 Februarie 2017. Indien jy nie terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.
Finansiële Bestuurder Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion. Om te kwalifiseer, benodig jy: ’n Toepaslike B-graad in rekeningkunde of finansiële bestuur; vyf jaar bestuurservaring; ervaring met sterk rekeningkundige blootstelling; ondervinding in belastingwerk en die opstel van finansiële state. Die kandidaat moet sterk ondervinding in die implementering van stelsels en handhawing van kontroles hê. ’n Honneursgraad in finansiële rekeningkunde, ouditkunde of in ’n soortgelyke vakrigting sal in jou guns tel. Vaardighede benodig, sluit in: kennis van Pastel Evolution en gevorderde Microsoft Office Excel; akkuraatheid; rekeningkundige vaardighede; goeie organisering- en kommunikasievaardighede; handhawing van goeie menseverhoudinge; vermoë om onder druk te werk; administratiewe vaardighede; leierskap- en bestuursvaardighede; tik- en rekenaarvaardighede. Pligte sluit onder meer in, maar is nie beperk nie tot: bestuur en opleiding van personeel; toesighouding en die opstel van finansiële state; beplanning en finalisering van ouditlêer; oudit- en belastingondersoeke; begrotingsbestuur en maandelikse verslagdoening. Indien jy in die profiel pas, stuur asseblief jou CV voor of op 3 Februarie 2017 per e-pos aan Minette Keyter by minette@afriforum.co.za. Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.
Hierdie pos is beskikbaar by ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat in Kloofsig, Centurion gebaseer is. Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ʼn toepaslike kwalifikasie, asook ervaring in algemene administrasie. Die suksesvolle kandidaat moet ook oor ʼn geldige rybewys beskik. Vaardighede benodig, sluit in goeie organisering- en kommunikasievaardighede, handhawing van goeie menseverhoudinge, administratiewe vaardighede, tik (tikspoed van min 40 w.p.m.) en rekenaarvaardighede. Die pos behels onder meer administratiewe funksies, die hantering van navrae, bou van menseverhoudinge, verslaggewing, opdatering en byhou van databasis, ontwikkeling van administratiewe stelsels, rekordhouding, art 18-kwitansies en skenkings. Stuur jou CV (geen sertifikate) voor of op 20 Januarie 2017 aan Lizanne Coetzee (lizanne@helpendehand.co.za)
Kommunikasiebeampte: Sosiale media Solidariteit Kloofsig, Centurion Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer. Om daarvoor te kwalifiseer benodig jy ʼn toepaslike nagraadse kwalifikasie in Kommunikasie. Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is kennis van elektroniese kommunikasie, goeie kommunikasievaardighede asook kennis van sosiale media en verhoudingsbestuur via die kanale. Gevorderde kennis van kommunikasie-integrasie en bemarking sal tot jou voordeel strek. Goeie organisasievaardighede, die vermoë om selfstandig en as deel van ʼn span te kan werk, kreatiewe probleemoplossing en prioritisering is belangrik. Pligte sluit onder meer in die monitering van sosialemediaplatforms en die lewering van kundige insette vir veldtogte en projekte wat op die platforms gevoer word Indien jy aan die profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 24 Januarie 2017 aan Juran van den Heever by e-pos juran@solidariteit.co.za . Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.
Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion en is vir ʼn spesialis- finansiële adviseur in lewensversekering, beleggings en verwante produkte om diens in Januarie 2017 te aanvaar. Om te kwalifiseer benodig jy ʼn relevante BCom-kwalifikasie en moet jy besig wees, of van voorneme wees om ʼn CFP-kwalifikasie te verwerf. Ten minste twee jaar se ondervinding in die veld van finansiële advies en verwante produkte en dienste is ʼn vereiste. Vaardighede wat benodig word, sluit in goeie organiserings- en kommunikasievaardighede en die handhawing van goeie menseverhoudinge. Die persoon moet onafhanklik kan werk, teiken-gedrewe wees en ʼn hoë vlak van integriteit kan handhaaf. Die suksesvolle kandidaat moet gemaklik in Afrikaans en Engels kan kommunikeer. Indien jy in die profiel inpas, stuur asseblief jou Afrikaanse CV (geen sertifikate nie) voor of op 20 Januarie 2017 per e-pos aan Francois Smit by fsmit@solidariteit.co.za Indien jy nie terugvoer binne drie weke ná die sluitingsdatum ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.
Many of us work in a traditional organisational setting, while others work in homes, classrooms, factories, or in the outdoors. Some of us are retirees or volunteers. No matter where we spend our time, at a basic level, we need to do something – and ideally, we need something to look forward to. Career wellbeing is about enjoying what you are doing every day.
People whose career wellbeing is high have something to look forward to do on the day. They also have the opportunity to do things that suit their strengths and interests. They have a strong sense of purpose in life and a plan to attain their goals. In most instances, they have a leader who motivates and inspires them for the future. They also have friends who share their passion.
Source: Well Being, The Five Essential Elements. Tom Rath en Jim Harter
We all have dreams and goals we want to achieve. Planning those dreams and goals is satisfying, and we offer you the tool by which you can do such career planning , whatever industry you work in.
The best way of ensuring that you take the responsibility for your own development is by putting it on paper and to dedicate yourself to the process.
When planning your development and determining your goals always keep the SMART principle in mind:
Oops! We could not locate your form.