BEL ONS: 012 644 4300

ARTIKELS

Hoe om die monetêre waarde van...

Hoe om die monetêre waarde van jou tyd te bereken

Anja van den Berg Die bekende gesegde lui: Tyd is geld. Jy moet ʼn lang lys verpligtinge balanseer; jou tyd is kosbaar. Omdit te beskerm moet jy presies weet wat dit werd is. Maar presies hoeveel is ʼn uur van jou tyd vir jou werd? Wanneer is dit die moeite  … Lees meer

Moedeloos gesoek na werk? Bly só...

Moedeloos gesoek na werk? Bly só positief

Deur Essie Bester In jou gesoek na werk word geen steen onaangeroer gelaat nie. Jy het al soveel dekbriewe en beleefde opvolg e-posse geskryf dat jy letterlik naar voel by die gedagte aan nog een. Jy is selfs ʼn onderhoud of twee toegestaan – tog lyk dit asof jy net  … Lees meer

Humor in die Werkplek

Humor in die Werkplek

Deur Wilma Bedford Die werkplek kan ʼn uiters stresvolle plek wees waar druk op mense geplaas word om sperdatums en doelwitte te bereik en hulle daarop gefokus is om binne ʼn bepaalde tydperk die beroepsleer te klim. Hiermee saam kom ook ander realiteite soos afleggings, inkrimping, herstrukturering en persoonlike trauma.  … Lees meer

Dít is hoe maatskappye ʼn jonger...

Dít is hoe maatskappye ʼn jonger werkmag lojaal kan maak

Anja van den Berg Millenniërs word beskou as die grootste generasie wat nog ooit die werkmag betree het en beklee invloedryke en leidinggewende poste in besigheid, sê Rob Jardine, hoof van navorsing en oplossings by die NeuroLeadership Institute South Africa. Die 2018-millenniëropname deur Deloitte, wat die sewende studie van dié  … Lees meer

Ruim op en verminder werkplekstres

Ruim op en verminder werkplekstres

Deur Wilma Bedford Dit mag dalk nie maklik wees om stresvolle gebeure tuis te vermy wat jou te moeg laat om addisionele stres in die werkplek sinvol te hanteer nie. Jy mag geheel en al oorweldig en gestres voel sodra jy jou kantoor of werkruimte binnestap, alhoewel geen onmiddellike krisis  … Lees meer

Jy moet ingeteken wees op Solidariteit Wêreld. Teken in of Registreer om voort te gaan.

VAKANTE POSTE

toets-jouself-final

WERKSKAAL

Talle van ons werk in ’n tradisionele organisatoriese opset, terwyl ander tuis, in klaskamers of in die buitelug werk. Sommige van ons is afgetredenes of vrywilligers. Ongeag waar ons ook al ons tyd deurbring, is dit vir ons nodig om op ’n basiese vlak iets te hê om te doen – en ideaalgesproke om iets te hê om na uit te sien. Loopbaanwelstand gaan daaroor dat jy hou van wat jy elke dag doen.

Mense wie se loopbaanwelstand hoog is, staan elke oggend op met iets dié dag te doen waarna hulle uitsien. Hulle het ook die geleentheid om die dinge te doen wat by hul sterkpunte en belangstellings pas. Hulle het ’n sterk doel in die lewe en ’n plan om hul doelwitte te bereik. In die meeste gevalle het hulle ’n leier wat hulle motiveer en wat hulle entoesiasties oor die toekoms maak. Dan het hulle ook vriende wat hul passie deel.

Bron: Well Being, The Five Essential Elements. Tom Rath en Jim Harter

Alle mense het drome en doelwitte wat hulle wil bereik. Dit is lekker om te kan beplan aan hierdie drome en doelwitte en ons bied jou die hulpmiddel om hierdie loopbaanbeplanning te doen, maak nie saak in watter bedryf jy is nie.

Die beste manier om te verseker dat jy verantwoordelikheid neem vir jou eie ontwikkeling is deur dit op papier te sit en om jouself toe te wy aan die proses.

Hou altyd die SMART beginsel in gedagte as jy jou ontwikkeling beplan en doelwitte daarstel:

  • S – SPECIFIC
  • M – MEASUREABLE
  • A – ACHIEVABLE
  • R – REALISTIC
  • T – TIME BOUND

Registreer / Register

Maak toe / Close